RIVERSDAL NUUS - Markwin Kortje, 'n leerder van Laerskool Panorama en die jongste lid van Riversdal-rolbalklub, het Eden se o.15-span verlede naweek by die Envar Buys-jeugtoernooi in Tulbagh verteenwoordig.
Hy is die eerste junior uit dié klub om vir Eden gekies te word.
Dis 'n grootse prestasie en dalk inspireer dit meer juniors om by rolbal in Hessequa betrokke te raak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'