RIVERSDAL NUUS - Mario Ludick (regs) is verlede Saterdag as die Riversdal-rolbalklub se enkelspelkampioen gekroon nadat hy Celvin Basson in die manseindstryd met 21-4 geklop het.
Mario, wat nog net 'n raps langer as twee jaar rolbal speel, is die eerste bruin speler in die klub se geskiedenis om dié enkelspeltrofee omhoog te hou.
Frans Blaauw, president van die klub (links), het die trofee aan hom oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'