STILBAAI NUUS - Magda Robbertse van Stilbaai-rolbalklub het op 15 en 16 November aan die Eden Dames Enkel Veterane Kampioenskappe by die Outeniekwa-rolbalklub in George deelgeneem.
Hier het sy meegeding teen al die Eden-rolbalklubs se veteranekampioene en gewys wat in haar steek.
Magda is aangewys as die Eden Dames Enkel Veterane Kampioen van Kampioene vir 2025.
Sy sê dat sy in haar jonger dae haar aandag aan die kinders en die huishouding gegee het, maar na haar man se aftrede het hulle, hulle in Jongensfontein gevestig en het sy nou die tyd om haar liefde vir rolbal uit te leef.
Haar man, Piet, is ook 'n kranige rolbalspeler wat al aan menige SA Kampioenskappe deelgeneem het en wat vir hulle lekker is, is dat hulle saam aan rolbal kan deelneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’