RIVERSDAL NUUS - Anja du Toit, Adriaan Coetzer, Jannes Snyman, Artho Saayman en Ilke Muir het aan die halfeindronde van die jaarlikse ATKV-redenaarskompetisie in George deurgedring.
Dis die grootste groep van die skool wat nog ooit deurgedring het. Al vyf sprekers is onder die top 10 in die SWD, asook in hul onderskeie ouderdomsgroepe.
Du Toit is die eerste spreker van die skool wat deurgedring het na die nasionale eindronde. Muir is die eerste spreker wat vir die vierde agtereenvolgende jaar deurdring tot die halfeindronde, asook die top 10 SWD.
Die ATKV-redenaarskompetisie bestaan reeds 23 jaar by die skool en bogenoemde prestasies is almal 'n eerste vir die skool.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'