RIVERVILLE NUUS - Van die 64 atlete wat aan die byeenkoms op Riverville deelgeneem het, gaan 40 deur na die Eden-byeenkoms op 17 Februarie.
Vollies spog met 28 eerste plekke, 13 tweede plekke en sewe derde plekke.
Die volgende leerders verbeter ook rekords in hul onderskeie items: Owen Petersen (seuns o.11, 100 m en 80 m), Jared Erasmus (seuns o.13, 80 m-hekkies en 200 m-hekkies) en Therlow Prins (seuns o.13, 200 m-hekkies).
'Ons bring jou die nuutste Riverville, Hessequa nuus'