HESSEQUA NUUS - Van die 136 Vollie-atlete wat aan die Dorpsbyeen-koms op Riverville op 3 Februarie deelgeneem het, is 64 deur na die Hessequa-byeenkoms op 10 Februarie.
Hulle spog met 41 eerste plekke, 21 tweede plekke en 26 derde plekke.
Die volgende leerders verbeter rekords in hul onderskeie items:
Die o.11-seuns aflosspan -
- Owen Petersen,
- Bernard Erasmus,
- CT Vosloo en
- JT Jackson
Die meisies o.11-gewigstoot -
- Renette van Heerden
Die seuns o.11 100 m en 70 m-hekkies -
- Owen Petersen
Die seuns o.11 70 m-hekkies -
- Bernard Erasmus
Die meisies o.10-gewigstoot -
- Jodie Erasmus
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'