RIVERSDAL NUUS - Verskeie laer- en hoërskole in Riversdal het verlede week hul jaarlikse kleure-atletiekbyeenkomste aangebied.
Laerskool Volschenk het verlede Dinsdag hul velditems by die skool gehou en die middag by Hoërskool Langenhoven hul baannommers.
Weens 'n sterk wind kon die hekkieswedlope nie plaasvind nie en dis verskuif na die Woensdagoggend.
Hoërskool Langenhoven en die Hoër Landbouskool Oakdale se kleure-atletiek is ook aangebied en verlede Vrydag het Voorwaarts Primêr die oggend by die Riverville-stadion in baanitems meegeding en Panoroma Primêr die Vrydagmiddag hul naellope en middelafstandwedlope, ook by Riverville.
Foto: Hugo Redelinghuys
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’