STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Jukskeilaer hou Saterdag, 17 Januarie, hul opedag, en dit beloof om 'n dag van pret en plesier te wees.
Jukskei is 'n 270-jaar oue volk- oftewel boeresport wat in Suid-Afrika ontwikkel het en steeds ywerig gespeel word.
Die sport het vermoedelik rondom 1743 in die Kaap ontstaan en is deur boere wat met osse gewerk het, ontwikkel.
Die naam jukskei kom juis van die skei wat uit 'n juk kom. Die houtpennetjies wat uit die juk gekom het, is as skeie gebruik om 'n pen wat in die grond geplant is, raak te gooi. Deur die jare het die skeie heelwat ontwikkel tot dit wat vandag gebruik word.
Die bane is reg langs die hengelklub, en die tyd is 08:00 vir 08:30. Daar gaan heerlike jaffels, poeding en koffie beskikbaar wees.
Kontak Zas van Eeden by 082 464 7558 vir navrae.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’