STILBAAI NUUS - Vyf klubs met twaalf spanne het mekaar Saterdag 5 Oktober die stryd aangesê in 'n lekker toernooi in Stilbaai.
Jukskeiklubs van Stilbaai, Hartenbos, Gouritsmond, Danabaai en Riversdal het van vroegoggend die skeie laat klap en dit was verblydend om te sien dat daar selfs 'n paar jongmense deelgeneem het.
Die pragtige bane langs die Stilbaai Hengelklub word goed onderhou en daar word Maandae, Woensdae, Vrydae en Saterdae jukskei gespeel.
Indien jy belangstel om deel te word kan jy vir Isa du Preez by 082 598 5969 skakel of alternatiewelik vir Zas van Eeden by 082 464 7558.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’