HESSEQUA NUUS - Rochelle Janse van Rensburg het vanaf 8 tot 10 Augustus 'n eerste, derde, vierde en sesde plek in die SANESA WP-kampioenskap behaal.
Zoë Heyns het twee tweede plekke, twee derde plekke en 'n vyfde plek verower. Ané Louw het drie derde plekke en 'n vierde plek behaal.
Hulle is almal in die SANESA WP-span opgeneem en het provinsiale kleure verwerf. Hulle het ook vir die nasionale kampioenskap wat later hierdie jaar sal plaasvind, gekwalifiseer.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'