Gallery
RIVERSDAL NUUS - Riversdal het verlede Saterdag, 19 Augustus, behoorlik uit sy nate gebars met die jaarlikse interskole tussen die gasheer, Hoër Landbouskool Oakdale en Boland Landbou.
Oakdale se gewilde Akkerfees het met die interskole-byeenkoms saamgeval.
Die plaasmark met allerlei vars plaasprodukte, kosstalletjies wat druk besoek is en waar mense in lang rye gestaan en wag het, en hordes opgewonde toeskouers het Oakdale in 'n feestelike karnavalatmosfeer omskep.
Oakdale het skoonskip gemaak in die gholfkragmeting tussen die twee skole en ook in die bergfietsry geseëvier.
FOTOGALERY: Interskole-byeenkoms op Riversdal
Van die 19 rugbywedstryde teen Boland het Oakdale 12 gewen. Maar dit was die kragmeting tussen die twee geswore "aartsvyande" se o. 19A-spanne wat die grootste belangstelling gaande gemaak het. Dit was 'n klipharde wedstryd met nie en van die twee spanne wat oorheers het nie.
Maar Boland het, ten spyte van Oakdale se rotsvaste verdediging, in die doodsnikke oorgeval vir 'n wendrie nadat die tuisspan tot feitlik teen die einde met 11 - 10 voorgeloop het.
Met hul oorwinning van 17 - 11 het Boland vergoed vir hul nederlaag op hul tuisbodem verlede jaar, maar dit was so hittete of Oakdale het dié een deurgehaak.
Van die 19 rugbywedstryde teen Boland het Oakdale 12 gewen.
Oakdale het skoonskip gemaak in die gholfkragmeting tussen die twee skole en ook in die bergfietsry geseëvier.
Oakdale het skoonskip gemaak in die gholfkragmeting tussen die twee skole en ook in die bergfietsry geseëvier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’