RIVERSDAL NUUS - Elf netbalspelers is na afloop van die Eden-proewe in die Eden-spanne opgeneem. Die volgende spelers is gekies: o.14: Suné Basson en Mienke Doubell, o.15: Lizanne Rall en Christel Jooste, o.16: Jalin Heradien en Ivana Sefoor, o.17: Alicia Sambo en Adunaike Herling, asook o.18: Haigha-Rose Groenewald, Leané Pottas en Elana van Zyl.
Hierdie Dasse gaan van 12 tot 14 Julie in Wellington, in hulle verskillende ouderdomme aan die interdistrik netbaltoernooi, deelneem.
Petrusa Marais toerisme-onderwyser en netbalafrigter van die skool is gekies as netbalgradeerder en -skeidsregter vir die Rhino-week wat dié SA o.16-toernooi is, wat vanaf 2 tot 6 Julie in Sun City plaasvind.
Slegs 14 word in die Wes-Kaap gekies wat deur die Suid-Afrikaanse skole netbal gekeur word.
Agter, van links: Alicia Sambo, Mienke Doubell, Haigha-Rose Groenewald, Elana van Zyl, Adunaike Herling, Suné Basson en Ivana Sefoor. Voor, van links: Jalin Haradien, Petrusa Marais, Leané Pottas en Lizanne Rall. Christel Jooste was afwesig tydens die neem van die foto.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'