RIVERSDAL NUUS - Die skool se akademiese en sportsterre is Donderdag 12 Oktober tydens hul jaarlikse sportdinee in Laerskool Volschenk se skoolsaal vereer.
'n Heerlike driegangmaaltyd is bedien en Vian Louw, uitstekende motiveringspreker, predikant en SA atleet was die spreker van die aand.
Hy het provinsiale rugby op skool en 7's-rugby vir die Valke gespeel.
Verskeie toekennings is oorhandig, onder andere aan die kapteine van die eerstespanne:
- Netbal - Elana van Zyl
- Hokkie - Kelly-Mari Boswell
- Rugby - Manfred Oosthuizen
Spesiale toekennings is aan die volgende leerders gemaak: Adunaike Herling is deel van die o.16 Wes-Kaapspan wat die nasionale kampioenskap wen.
Jowin Pieterse het die Abrie Diener-trofee ontvang vir nege drieë gedruk, waarvan sewe tuis.
Die netbalspan met die beste gees was die o.15A- en B-span, die o.16A's was die hokkiespan met die beste gees en die rugbyspan wat die beste gees gehad het is die o.19A's.
Die VRL van elke graad vir 2018 is voor, van links: Ramondo Februarie, Andrie Swart, Radandt Malherbe (hoofseun), Janique Gerber (hoofdogter), Anru van Schalkwyk (onderhoofseun) en Elrike Kleynhans. Middel: Adunaike Herling, Jana van den Berg, Caylin Evertse, Suria Denkema, Hendrik-Louis Fourie, Nika du Toit en Anja du Toit. Agter: Daniel Janse van Rensburg, Lourens van Vuuren, Anré Farre, Duan Marshall en Elkie van Wyk.
Die spanne met die beste wengemiddeldes was die o.16B-hokkiespan, die o.14B-netbalspan en die eersterugbyspan.
Die eersterugbyspan is as die beste eerstespan vir 2017 aangewys.
Volgens die skoolhoof, mnr. Piet de Villiers was dit 'n uiters suksesvolle sportjaar met mooi prestasies oor 'n wye terrein.
Van links is die eerstespan se rugbykaptein Manfred Oostuizen, Vian Louw (spreker wat ook die oorhandigings behartig het), eerstespan se netbalkaptein Elana van Zyl, eerstespan se hokkiekaptein Kelly-Mari Boswell en skoolhoof, Piet de Villiers (skoolhoof).
Die VRL vir 2018 is voor, van links: Stephani Heenop (onderhoofdogter), Radandt Malherbe (hoofseun), Janique Gerber (hoofdogter) en Anru van Schalkwyk (onderhoofseun). Agter: Andrie Swart, Clyde September, Dylan du Plessis, Elrike Kleynhans, Ramondo Februarie en Leané Pottas.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'