RIVERSDAL NUUS - Die skool het die afgelope naweek van 3 Augustus met een gholfspan, 14 rugbyspanne en twee muurbalspanne teen Hoërskool Framesby in Port Elizabeth deelgeneem. Die naweek het op 'n hoë noot afgeskop toe die twee muurbalspanne Framesby met onderskeidelik 12-1 en 12-0 gewen het.
Die 10 gholfspelers het op indrukwekkende wyse met die Framesby-span afgereken met 261 punte teen 253.
Dit was veral Jaco Pienaar (49 punte), Henk Pienaar (49 punte), Armand Bosch, Jacobus Esterhuizen en Jurie Groenewald wat almal 41 punte behaal het en Nico Pietersen met 40 punte wat die deurslag gegee het.
Al die rugbyspanne het hul wedstryde teen Framesby gewen. Die eerste span het veral in die tweede helfte hul slag gewys. Framesby het die gure weer tot 'n groot mate gedurende die eerste helfte goed benut. Dit was egter gedurende die tweede helfte dat die skool se wittruie die krane oopgedraai en gedemonstreer het waarvoor hulle deurgaans in die 2018 seisoen bekend is. Bulle plaas die kersie op die spreekwoordelike koek toe die o.19 A-span die manne van die Baai oortuigend met 33-6 wen.
Die ander spanne se uitslae is soos volg:
- o.19A: 33-6 (Oakdale),
- o.19B: 43-7 (Oakdale),
- o.19C: 80-0 (Oakdale),
- o.19D vs Linkside: 86-0 (Oakdale),
- o.19E vs Edu Planet: 15-0 (Oakdale),
- o.16A: 26-19 (Oakdale),
- o.16B: 41-5 (Oakdale),
- o.16C vs Nayra: 14-7 (Oakdale),
- o.15A: 73-14 (Oakdale),
- o.15B: 50-0 (Oakdale),
- o.15C vs Nayra: 27-5 (Oakdale),
- o.14A: 27-20 (Oakdale),
- o.14B: 46-3 (Oakdale) en
- o.14C: 17-0 (Oakdale).
Die puntemakers van Oakdale se o.19 A-span was soos volg: Drieë: Trevino Gordon (14), Janco Klinck (13), Etienne Steyn (12), Derick Jooste (9) en Hannes Gous (5). Doelskoppe: Jan Daniël Strydom (10) x4.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'