Gallery
RIVERSDAL NUUS - Vyftien rugbyspanne het die afgelope naweek hul laaste tuiswedstryd van die 2018-seisoen gespeel. Al 15 spanne het hul onderskeie wedstryde gewen. 'n Totaal van 704 punte is aangeteken en slegs 50 punte is afgestaan. Die spanne het teen HLS Marlow van Cradock, York High en 'n span van Melkhoutfontein meegeding.
Punte
(Rugby)
o.19A: 47-3, o.19B: 52-10, o.19C: 51-3, o.19D: 40-0, o.19E: 66-0, o.16A: 29-3, o.16B: 49-7, o.16C teen York: 22-7, o.15A: 64-7, o.15B: 50-7, o.15C teen York: 55-0, o.15D teen Melkhoutfontein: 24-10, o.14A: 68-0, o.14B: 65-0 en o.14C teen York: 22-0.
(Gholf)
Die gholfspanne van Oakdale en Marlow het Vrydag op die gholfbaan kragte gemeet en Oakdale het die kragmeting met 330 teen 280 gewen.
Die span bestaan uit Jurie Groenewald, Johan Balt, Henk Pienaar, Buksie Kamffer, Pieter Eksteen, Jaco Pienaar, Nico Pietersen, Jacobus Esterhuyse, Armand Bosch en Pienie Pienaar.
Le Roux Pepler, o.19A
Komende naweek
Die naweek van 3 en 4 Augustus speel 15 rugbyspanne van Oakdale teen Hoërskool Framesby in Port Elizabeth.
Die gholf-, asook muurbalspanne van die twee skole kom Vrydagmiddag teen mekaar te staan. 'n Totaal van 260 leerders sal aan die sportnaweek in Port Elizabeth deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'