RIVERSDAL NUUS - “Ons het verskeie rolspelers ses maande tyd gegee om presteerders te benoem en die spertyd daarvoor moes verskeie kere uitgestel word.
In talle van die afdelings is slegs een benoeming ontvang; in enkeles geen,” sê Gawin Geswind, die administrateur van die Hessequa-sportraad. “Daarom het die raad, in oorleg met sportkundiges, besluit om 'n aantal spesiale toekennings te maak aan sportlui wat plaaslik, provinsiaal, nasionaal en selfs in die buiteland uitgeblink het.”
Die Hessequa-sportraad het twaalf uitblinkers erken:
Suhayle Herling: SWD o. 21
Edwin Juta: SWD o. 21
Heidelberg United-krieketklub: Promosieliga-finaliste
Piet Lourens: die afrigter wat Oakdale se 560 kg-toutrekspan na wêreldkampioene gedryf het.
Dewanique Francies: Wes-Kaap en SA atletiek
Curlinn Groenewald: Wes-Kaap en SA atletiek
Markwin Kortjé: Verteenwoordig Eden-rolbal twee keer by die SA junior kampioenskap
Minke Nieuwenhuys: Wes-Kaap en SA atletiek
Codey Abrahams: Speel nommer drie vir Eden-muurbal o. 13, wen vyf uit sewe wedstryde by die interprovinsiale toernooi
Jean Prieur du Plessis: Deel van Eden o. 12-gholfspan wat na die nasionale toernooi in Gauteng deurgedring het.
Johan van der Walt: Laser Run, Eden derde, Wes-Kaap eerste en SA's vyfde.
Licka Jordaan: atletiek, netbal en landloop
* Die tweede Hessequa-sportraad se gala-geleentheid is Vrydag 19 Julie by die burgersentrum in Riversdal aangebied. Altesaam veertig prestasiepryse is aan verskeie uitblinkers in negentien afdelings toegeken.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’