HESSEQUA NUUS - Die kaptein van Supersterre op Heidelberg, Willem Pietersen was nie ernstig opgeneem toe hy voorspel het dat hy in die eindstryd gaan speel en wen nie.
Sy voorspelling het egter waar geword en verslaan Supersterre vir Griekwas van Albertinia met 46-30 in die eindstryd.
Die wedstryd het Sondag 18 November in Albertinia-sportgronde se saal plaasgevind. Die besoekers het die Albertinianers behoorlik opdraende gegee. Goeie sportmangees is deurgaans aan die dag gelê.
Daniël Hoogbaard en Pietersen was die spelers van die wedstryd. Die kapteins van albei klubs het die spelers wat na die eindronde deurgedring het bemoedig en almal bedank vir die seisoen wat verby is.
Young Stars van Slangrivier het in die ander wedstryd vir Klipdrifthoogte van Riversdal met 70-21 verslaan.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'