RIVERSDAL NUUS - Die drie Riversdallers oefen voor die groot interdistrikte jukskeitoernooi wat Saterdag om 08:00 hier begin.
Die voorste 100 jukskeiers van vyf provinsies - Weskus-distrik, Westelike Provinsie, die Kaapse Wynlande, Overberg en Eden - gaan deelneem.
Jan van Dyk, sekretaris van Riversdal-jukskeiklub (middel) val hier die pen aan met André la Grange (links) en Johan van Dyk (regs) wat sy gooi belangstellend dophou.
Die drie manne was Dinsdag ook druk besig om die jukskeibane voor te berei vir die toernooi.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'