TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Anders as vorige jare, het die jaarlikse George Wildman Fishing-galjoenderby Saterdag, 31 Julie op Stilbaai so stil-stil gebeur.
Die derby het vanjaar tussen Stilbaai en Nature Valley plaasgevind.
'n Paar hengelaars van die Boland, Graham Daniels, Morgan Adams, Donovan Lebretton en Aden Coert was al vanaf 06:00 by Jongensfontein om vir die Suid-Kapenaars te wys hoe mens galjoen vang. Hulle het rooiaas, witmossel en maanskynwurm gebruik.
Blykbaar het die meeste hengelaars van Stilbaai in en rondom George gaan hengel omdat die prysuitdeling daar plaasgevind het.
Uitslae was teen spertyd nie bekend nie.
Graham Daniels van die Paarl, asook Morgan Adams en Donovan Lebretton van Ceres kry hul stokke gereed vir die dag. Foto's: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'