STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-hengelklub het Saterdag sy 29ste galjoen-derby aangebied met die weer wat pragtig saamgespeel het.
Hierdie jaar het 35 spanne met meer as 200 hengelaars ingeskryf, wat minder is as in die verlede, maar Leonard Roberts, voorsitter van die klub, meen dat die ekonomie wel 'n rol gespeel het.
In die verlede het tot 60 spanne in Stilbaai toegesak vir die derby. Dit bly egter nog steeds een van die grootste rots- en strandhengelkompetisies in Suid-Afrika.
Onder die inskrywings was selfs spanne wat al vir die 29ste keer deelgeneem het en selfs spanne van sover as Noordwes. Dit is toegewydheid op 'n volgende vlak.
Toe die son opkom was die stokke in die water.
Die hengelaars kon van die Stilbaai-hawemuur af hengel tot by Heuningnesbaai en hulle het van 07:00 Saterdagoggend to 16:00 die middag gespook om Suid-Afrika se nasionale vis aan die hoek te kry. Ongelukkig was die water baie plat en moes sommige met leë hande huis toe gaan.
Die uiteindelike wenner was Xander de Beer en die wenspan was Vidas Smoke House.
Dirk Snyman spog met sy vangs. Foto verskaf
Die hengelaars het behoorlik op Jongensfontein toegesak.
Galjoen-derby se kenteken.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’