STILBAAI NUUS - Die Damesliga Netbaltoernooi vir die vierde kwartaal het Woensdagaand 22 November sy hoogtepunt bereik toe die top vier spanne dit uitgespook het vir die eerste drie plekke.
In die eerste wedstryd het Bertie Barnard van Stilbaai teen Legends van Riversdal gespeel vir die derde en vierde plekke. Dit was 'n baie spannende wedstryd wat uiteindelik deur Legends gewen is met die telling 12 - 11.
Dit was oo0k 'n baie fisiese wedstryd en Cecilia Nel van Bertie Barnard moes die baan verlaat mety 'n skouer besering.
In die hoofwedstryd het Dunamis van Stilbaai dit uitgespook teen Blue Thunder van Riversdal.
Hier het Dunamis hulle stempel duidelik afgedruk en gemaklik met 22 - 11 gewen. Dunamis het ook die eerste kwartaal se toernooi gewen en is dus uit en uit die 2023 kampioene. Iets waarop hulle kaptein, Ina Janse Van Rensburg, nie min trots is nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’