Update
HEIDELBERG SPORTNUUS - Heidelberg-rolbalklub se sesde rolbal-kriekettoernooi het Donderdag, 19 November vir groot opwinding gesorg met Hessequa-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Grant Riddles wat die finale aand se spel bygewoon het.
John Evert, klubpresident sê die spelers was baie ernstig in hul spel en ook baie entoesiasties met hul spanlede se aanmoediging, omdat heelwat spanne nog vir die eerste drie plekke kon kwalifiseer.
Uiteindelik het die Rolling Stones met die eerste plek weggestap, met verlede jaar se wenners, die Warriors in die tweede plek. Techron Riders was derde.
Daar was ook 'n troosprys vir die verloorders, die Bubbling Brocollis.
"Die lede van hierdie span was almal beginners wat nog nooit rolbal gespeel het nie, maar hulle het alles ingesit en pret gehad," sê Evert.
"Ons is dankbaar dat ons die Heidelberg se sesde rolbal-krieket hierdie jaar kon aanbied en dit blyk dat almal wat daarby betrokke was, dit baie geniet het."
Vorige artikel: Rolling Stones rol die beste
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'