HESSEQUA NUUS - Toutrek en Hoër Landbouskool Oakdale se wêreldbekroonde troutrekspan spog vanjaar met die meeste toekennings by die Wes-Kaapse prestige sporttoekennings.
Oakdale is vereer as die skolespan van die jaar (560 kg-toutrekspan) én as die span van die jaar (Suid-Afrikaanse o.23-toutrekmanspan, afgerig deur Piet Lourens).
Johannes Jacobus Barnard, die president van Eden-toutrek in die Wes-Kaap en die vise-president van SA toutrek is as die sportadministrateur van die jaar aangewys.
Die Edin-distrik se sportsterrre het die meeste toekennings – altesaam elf – in die Wes-Kaap verower, wat by die Nederburg-wynlandgoed in Drakenstein, Paarl, deur die departement van sport en kultuur aangebied is.
“Wat 'n vreugdevolle geleentheid om te sien hoe ons streek op die provinsiale verhoog skitter! Uit die talle talentvolle deelnemers van regoor die Wes-Kaap kom elf wenners van die Tuinroete. Dit is 'n ware bewys van die talent, passie en toewyding van ons atlete, afrigters en gemeenskappe,” spog Andrew Stroebel, burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit.
Duné Haasbroek (moderne vyfkamp) se prestasies is 'n inspirasie vir soveel jong atlete in die streek. Sy het die dubbele eer behaal om nie net as die nuweling van die jaar aangewys te word nie; sy het ook die toekenning vir die skolesportvrou van die jaar verower.
Wanru Haasbroek (moderne vyfkamp) is die skolesportman van die jaar.
Eden het ook toekennings ontvang vir naskoolse sport, ontspanningsafrigting en vir 'n uitnemende brandery-slypprojek.
“Dié prestasies is nie net die wenners se trots om met vreugde te vier nie. Dié triomf behoort aan ons almal in die streek. Dit herinner ons aan die krag van sport om te verenig, om op te hef en te om te inspireer. Elke wenner dra die gees van die Tuinroete. Dit is 'n toonbeeld van individuele uitnemendheid - én die ongelooflike ondersteuning en geleenthede wat ons gemeenskap bied,” sê Stroebel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’