STILBAAI NUUS - Piet en Magda Robbertse van Jongensfontein was ingesluit in die seeviërende Eden veteranemans- en vrouespanne wat aan die pasafgelope nasionale kampioenskappe in Johannesburg deelgeneem het.
Die Eden-mans het Saterdag 13 Maart goud gewen en die vroue het met die bronsmedalje weggestap.
Wat die mans se oorwinning nog meer spesiaal maak is die feit dat hulle dit vir 'n tweede keer in 'n ry vermag het. Die eerste keer in die geskiedenis wat 'n span dit twee keer na mekaar kon doen.
Vir hierdie egpaar is rolbal 'n leefwyse en jy sal hulle altyd op of langs die baan kry.
Mag hulle gesondheid toelaat dat hulle sommer nog vir baie jare hulle liefde vir rolbal kan uitleef.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’