STILBAAI NUUS - Die Nasionale Jeug Toutrekkampioenskappe wat op 20 en 21 Maart in Robertson plaasgevind het, het Saterdagmiddag op 'n hoogtepunt geëindig met die eindstryde van die dogters 480 kg- en seuns 560 kg- afdelings.
In die 560 kg- afdeling het HTS Drostdy en Oakdale se seuns mekaar die stryd aangesê. Vir die eerste keer sedert 2018 het Drostdy daarin geslaag om Oakdale te klop en is hulle as SA-kampioene gekroon.
Die dogters se 480 kg- eindstryd was tussen Swellendam en Melkbosstrand. Swellendam se deursettingsvermoë, spanwerk en uitstekende tegniek het uiteindelik die deurslag gegee en hulle het as kampioene uit die stryd getree.
Hierdie twee spanne sal Suid-Afrika vanjaar in September by die wêreldkampioenskappe in Hartenbos verteenwoordig.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’