RIVERSDAL NUUS - Tydens die somer-interskole tussen Oakdale en Boland Landbou vanaf 3 tot 5 Februarie op plaaslike bodem is met vier tennisspanne meegeding, op Vrydag met agt krieketspanne en Saterdag is die interskole-atletiek aangebied.
Uitslae
Tennis: Oakdale se eerstespan wen 4-2; tweede span wen 6-0; o/15A wen 5-1 en o/15B verloor 2-4. Die waarde van die Oakdale-tennisakademie dra by tot tennissukses.
Krieket: Oakdale se eerstespan wen met 5 paaltjies; o/19B wen met 4 paaltjies; o/19C verloor met 5 paaltjies; o/15A verloor met 12 lopies; o/15B verloor met 6 paaltjies; o/15C verloor met 23 lopies en o/15D verloor met 8 paaltjies.
Atletiek: Die Oakdale-atlete het deurgaans puik prestasies gelewer.
Puntetotaal
- O/14: Oakdale 118, Boland 166;
- O/15: Oakdale 20l, Boland 150;
- O/17: Oakdale 192.5, Boland 158.5;
- O/19: Oakdale 234, Boland 139.
Totaal: Oakdale 745.5, Boland 613.5
Afgesien van wen of verloor het meer as 250 leerders aan die byeenkoms deelgeneem en bygedra tot die samehorigheid en skoolgees wat eie is aan interskole tussen hierdie twee landbouskole.
Die eerste krieketspan is voor, van links Corné Kennedy, Pieter Marais, Pienie Pienaar, Terblanche du Plessis, Francois Labuschagne, Zandré Conradie en Tian Ferreira. Agter: Mnr Pine Marais, Marco Steyn, Bian van As, Erik Steyn, Gerhard Ehlert, Duan Robberts, Arend Blom en mnr Gerhard Holtzhausen.
Oakdale se 19A en B-spanne is voor, van links Lucas Olivier, Jan Heyns en Pieter Marais. Agter: Wimpie Helmund (afrigter), Jaco Lamprecht, Conrad Heyns, Jan Fick, Emilio Silva, Louis Fourie en mnr Francois Bisschoff.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'