SLANGRIVIER SPORTNUUS - Netbal op Slangrivier het Woensdag, 8 September 'n groot hupstoot gekry met die stigting van die Slangrivier-netbalklub.
Die bestuur van die klub sal vir die volgende twee jaar netbal in Slangrivier en omgewing bestuur en bevorder.
Julian Buis, ondervoorsitter van die Hessequa-sportraad, het die raad se ondersteuning aan die nuwe bestuur belowe en gesê daar is ook finansiële ondersteuning vir klubs wat goed bestuur word, 'n bankrekening het, en by die sportraad geaffilieer is.
Bestuur
Slangrivier-netbalklub se bestuur sien as volg daaruit: Jo-Anne Hartnick (voorsitter), Maude Hoogbaard (ondervoorsitter), Franwin Flucks (sekretaris), Luke Hartnick (hulpsektretaris), Althea Scholtz (kassier), Elizabeth Theodore (hulpkassier). Bykomende lede: Zahn-Mare Hartnick, Shannon Hartnick en Marcolize Davids.
Alle aspirant-netbalspelers in en om Slangrivier word aangemoedig om by die nuwe netbalklub aan te sluit.
Belanghebbende partye tydens die stigtingsvergadering (van links) is Elizabeth Theodore, Althea Scholtz, Maude Hoogbaard, Jo-Ann Hartnick, Franwin Flucks, Luke Hartnick, Marcolize Davids, Shannon Hartnick, en Zahn-Mare Hartnick. Foto: Julian Buis.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'