RIVERDAL NUUS - Die Hessequa-dominovereniging nooi alle dominospelers en klubs uit om die algemene jaarver-gadering by Panoramastraat 336 op 2 April vanaf 12:00 by te woon waarna daarna 'n vriendskaplike wedstryd gespeel sal word.
Die grootste doel van die dominoklub is om meer jeugdiges en seniors te trek wat belangstel in hierdie sport of selfs net as 'n tydverdryf wil speel.
Volgens Freek Adams is domino's 'n gewilde sport vir volwassenes en die jeug. "Dit is gesonde vermaak wat die jeug van die strate af en die ouer mense uit die moeilikheid hou."
Kontak Freek Adams by 076 096 5707 vir meer inligting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’