HESSEQUA NUUS - Vir die meeste mense sal dit 'n uitdaging wees om 1,9 km te swem. As jy dan 21,1 km boonop moet hardloop, raak dinge warm.
Maar gooi 'n fietsrit van 90 km in dié mandjie, dan kry mens 'n beter begrip van wat die halwe Ysterman-kompetisie behels.
As jy aan dié Ysterman wil deelneem, kort jy senuwees van staal, titanium in al jou spiere en yster in jou bloed.
Maar Riversdal, Heidelberg en Stilbaai het sommer 'n hele paar van dié ysters. Manne en vroue, nege in totaal, wat verlede Sondag in Mosselbaai hul staal - nee, yster - in die uitdagende kompetisie getoon het. Dit is die eerste keer wat Mosselbaai dit aangebied het.
Landwyd het 2 500 atlete opgedaag om deel te neem. Hessequa se nege stuks het nie teleurgestel nie en is met puik tye beloon.
Vir Mic Geldenhuys (links), Nico Steyn en Henoe Stoffberg (regs) was die 1,9 km-swemtog sommer kinderspeletjies.
Die ystervroue en -manne
- Reece Hughes (05:46:56),
- Danie Geldenhuys (05:52:04),
- Nico Steyn (06:11:11),
- Hanno Schultz (06:33:35),
- Hénoe Stoffberg (06:37:38),
- Mic Geldenhuys (07:17:26),
- Corene Smith (07:34:44),
- Danette Jones (07:34:56) en
- Jana Wegewarth (07:55:17).
Danette Jones (links) en Carene Smith diep tevrede nadat hulle die halwe Ysterman voltooi het.
Danie Geldenhuys (links) en Reece Hughes met hul Ysterman-medaljes.
Jana Wegewardt wys trots haar Ystervrou-medalje.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'