Gallery
RIVERSDAL ROLBALNUUS - 'n Lastige wind wat rolbal van hoogstaande gehalte feitlik onmoontlik gemaak het, kon nie 'n stewige handjievol klubspelers daarvan weerhou om Saterdagmiddag by die Riversdal-rolbalklub hul opwagting te maak nie.
Die spelers se akkuraatheid is deeglik getoets en die wisselende sterkte van die rukwind het sommige van die spelers se balle van koers af gestoot.
Tog het dit nie die spelers se entoesiasme gedemp nie en het die klompie bittereinders hulself geniet.
Ophou was beslis nie 'n opsie vir dié klompie rolbalspelers nie, eerder aanhou.
Hugo Redelinghuys het die wind met sy kamera getrotseer.
FOTOGALERY: Wind keer nie Riversdal rolbalspelers
Miemie du Plessis trotseer die wind.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'