RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven het op 19 Augustus 'n goeie sportdag tydens die jaarlikse interskole-kragmeting, teen Hoërskool Swellendam beleef.
Die volgende spanne se tellings het bygedra tot die dag se puntestelsel:
Netbal
Langenhoven se eerste netbalspan speel 'n baie kompeterende wedstryd en wen welverdiend met 32-36 en die tweedespan verloor 6-22. Die Dasse se o.15A's moes met 16-22 die knie buig en die o.15B's teen hulle o.16B's met 10-17. Die o.14A's seëvier met 22-15 en die o.14B's 19-15.
Hokkie
Die hokkie het 'n goeie dag gehad en die tellings is as volg: Die eerste- en tweedespan het 'n mooi vertoning gelewer en speel beide 0-0 gelykop. Die o.16-seunspan speel 0-0 gelykop en die o.16B-meisies seëvier met 3-0. Die o.16A's moes met 0-2 die knie buig en die o.14A's speel 2-2 gelykop.
Rugby
Die rugby het moeiliker wedstryde gehad en die tweedespan moes met 7-21 die knie buig, asook die o.15's met 7-11. Die eerstespan speel 'n besondere wedstryd en seëvier met 23-17.
Die Dasse oorheers die dag as gevolg van die puntestelsel wat gebruik word om die Interskole-wenner te bepaal. Langenhoven het ook die rugby- en netbaltrofeë ingepalm.
Die Dasse het nie net op die dag gewen nie, maar ook met die voorprogram se aktiwiteite wat Bybelvasvra, skaak en redenaars ingesluit het.
Die Dasse het egter gesorg dat die trofee vir die sesde jaar in 'n ry veilig in Dasseland bly.
Van links is: Elana van Zyl, Manfred-Joe Oosthuizen en Kelly-Mari Boswell met die trofeë.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'