RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven het op 12 Augustus 'n sportdag teen Hoërskool Robertson gehad.
Uitslae
Rugby
Die Dasse se eersterugbyspan het 'n baie goeie en kompeterende wedstryd gehad en met 26-22 geseëvier. Die tweedespan het 'n moeilike wedstryd gehad en die knie met 5-43 gebuig, asook die o.15's met 0-10.
Hokkie
Die seunshokkie het vanjaar afgeskop en leerders, asook ouers is steeds baie opgewonde. Die o.16A seuns het met 1-2 verloor en die o.14's met 0-7.
Die dogters het vier van hulle vyf wedstryde gewen en een gelykop gespeel. Die eerstespan seëvier met 2-0, die o.18B's met 1-0 en die o.16A's speel 1-1 gelykop. Die o.16B's wen 1-0 en die o.14A's 3-2.
Netbal
Die netbal wen sewe van die nege wedstryde. Die o.14C netbalspan verloor 9-11, die o.14B's seëvier met 26-14, die o.14A's met 35-10 en die o.15B's wen 25-9. Die o.15A's oorrompel die Robbies met 20-6, die o.18D's wen 10-9 en die o.18C's 34-3. Die tweede netbalspan wen 15-13 en die eerstespan speel 'n baie kompeterende wedstryd en verloor net-net met 30-32.
Die Dasse se jaarlikse interskole kragmeting teen Swellendam vind op 19 Augustus in Swellendam plaas.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'