Die Dasse klop Porterville met 21-17 en daarna vir Hoër Meisieskool La Rochelle in 'n baie spannende wedstryd met 27-26. Hulle moes egter met 18-30 die knie teen Stellenberg buig.
Hulle eindig tweede in hul poel en moes volgende teen die eerstespan in die ander poel uitspeel (Hoër Meisieskool, Paarl), wat hul met 16-25 verloor.
Daarna speel hul teen Hoërskool De Kuilen uit om die derde plek in die kompetisie te bepaal. Hier klop hulle De Kuilen in 'n baie spannende wedstryd met 18-15.
Die Dasse behaal met hierdie prestasie 'n plek in die Nasionale Topskole Uitdaagreeks wat op 1 en 2 Augustus in Boksburg plaasvind. "Die skool is trots op hierdie prestasie en wens hulle alle sterkte toe," het Piet de Villiers, skoolhoof gesê.
Hoërskool Langenhoven se eerste netbalspan het Saterdag, 7 Junie aan die Wes-Kaap Topskole Uitdaagreeks op Kuilsrivier en maak geskiedenis deur vir die eerste keer onder die top drie spanne te eindig.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'