RIVERSDAL NUUS - 10 Netbalspelers van Hoërskool Langenhoven het vanaf 21 tot 22 Julie op Wellington in die verskillende ouderdomme se Eden-spanne aan die Interdistrik netbaltoernooi deelgeneem.
Die beste nege spelers in Eden is vir elke span gekies, nadat die Wes-Kaapspelers reeds aangewys was.
Hierna het hul teen sewe ander spanne in die Wes-Kaap gespeel. Die Dasse se drie o.16-spelers - Iné Lourens, Alicia Sambo en Jamy Riddles se span het die brons medalje op die toernooi gewen. Elana van Zyl en Leané Pottas, beide o.17-spelers se span het ook 'n brons medalje verwerf. Dié twee spanne was die enigste twee Eden-spanne wat enige medaljes kon wen.
Van links is Leané Pottas, Alicia Sambo, Jamy Riddles en Elana van Zyl.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'