'n Banier met haar gesig daarop is by die ASWD Landloop Decti Raising the Bar-wedlope vertoon. Sy was 'n leerder by Laerskool Hartenbos. Me. Shireen Noble, president van Atletiek Suid-Westelike Distrikte (ASWD) en lid van Atletiek Suid-Afrika, was ook by die byeenkoms teenwoordig asook Danté se broer, Bradley, wat ook aan 'n wedloop deelgeneem het.

Kleintjie van Schalkwyk (links), is die vrou wat amptelik die meeste Comrades wedlope voltooi het, naamlik 28. Sy het namens Hartenbos Drawwers by die wedloop gehelp. By haar is Carina Muller, ook van Hartenbos Drawwers en oud-leerder van Hoërskool Albertinia.