Die Blues netbalspan het twee spanne ingeskryf om aan hierdie sportdag te kon deelneem. Die klub is vanaf Junie 2012 aan die gang en enige belangstellendes word uitgenooi om by die klub aan te sluit.
Hul oefen Maandae, Dinsdae, en Donderdae vanaf 19:00 by die Riverville Stadion.
Tydens die sportdag het die twee spanne van die Blues meegeding teen spanne van Gerrit du Plessis Sekondêre skool.
Die telling was soos volg:
Blues A wen 26 - 19; en Blues B verloor 15 -12.
Indien daar enige verdere navrae is, kan die voorsitter, Mochelle May, by 078 124 6014 geskakel word.

Die A- en B-netbalspanne van die Blues Netbalklub is voor Mochelle May, Maritza Jansen, Ayesha Pietersen en Rosina Josephs. Agter van links is Mathilda Plaatjies, Natalie Fielies, Carol Ann Lombaard, Clara Pieterse, Selna Hardnick, Chanita Paulsen, Maurina Juta, Beryl Mintoor en Juanita Damons.