STILBAAI NUUS - Die naweek van 20 en 21 April 2024 sak 'n horde fietsryers op Stilbaai toe vir 'n bergfietsry byeenkoms.
Jan Heenop, organiseerder van die byeenkoms, sê dat hulle voorsiening maak vir alle ouderdomme en afstande wat sal verseker dat almal met bergfietse geakkommodeer sal kan word.
Selfs vroeër jare se dikwielfiets kan met bietjie moeite sy slag kom wys en die e-fiets entoesiaste kan Saterdag 20 April hulle slag wys met 'n 60km resies.
Begin- en eindpunt is op die oop veld langs Stables.
Vir enige navrae kan Jan Heenop gekontak word by 082 455 2875 of jan@iala.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’