STILBAAI NUUS - Die immergewilde aksie rolbal by die Stilbaai Rolbalklub gaan weer vir heelwat aksie en pret sorg.
Van die spanne het alreeds 'n paar oefensessies saam met hulle mentors gehad en van die ander het besluit hulle vat dit maar aand vir aand.
Vir die volgende ses weke gaan die spanne dit elke Donderdagaand van net na vyf uitspook om te bepaal wie is die beste aksie rolbalspan in Stilbaai en hulle sal kan doen met 'n bietjie ondersteuning vanuit die gemeenskap.
Bring die gesin en kom geniet die pragtige uitsig en die ongelooflike gees op die twee bane.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’