HESSEQUA NUUS - Sportklubs is welkom om hul nuus, foto's en uitslae aan Suid-Kaap FORUM te stuur vi rpublikasie. STuur dit na wilma@groupeditors.co.za. Spertyd vir nuus is Maandae om 10:00.
11 JULIE
Gholf: Rassie du Plessis (88) van Stilbaai behaal die prestasie dat hy in sy gholfloopbaan sedert 1953 reeds 56 keer sy ouderdom op die gholfbaan geëwenaar of verbeter het.
18 JULIE
Veerpyltjies: Die Hessequa-veerpyltjieklub se vrouespan het goud tydens die nasionale kampioenskap wat van 24 tot 29 Junie in Port Elizabeth gehou is, verower.
25 JULIE
Rugby: Albertinia Rangers het 18 drieë teen Ladismith op Saterdag 20 Julie gedruk, wat 'n rekord vir die klub was.
1 AUGUSTUS
Rugby: Corné Rahl (gr. 11) van Hoër Landbouskool Oakdale is tot die o.18A-skolerugbyspan verkies.
15 AUGUSTUS
Atletiek: Marlé van Wyk (gr. 12) en Tinka Fox (gr. 11) van Hoërskool Langenhoven het Suid-Afrika vanaf 1 tot 4 Augustus op die paralimpiese junior atletiekkampioenskap in Nottwil, Switzerland verteenwoordig.
Dylan Frick
22 AUGUSTUS
Oosterse gevegskuns: Studente van die Stilbaai-dojo het op 27 en 28 Julie vyf goue en vier silwermedaljes in die EP Classics-toernooi op Uitenhage ingeoes.
29 AUGUSTUS
Rugby: Heibi se A-span het op Saterdag 24 Augustus met hul wegholoorwinning van 59-12 oor die Jaguars van Plettenbergbaai hul plek in die halfeindronde van die SWD Premierliga verseker.
5 SEPTEMBER
Toutrek: Arenda Mathys was deel van die SA Gazelle-span wat goud op die internasionale toutrekklubkam-pioenskap wat van 28 tot 31 Augustus in Kuala Lumpur gehou is, verower het.
19 SEPTEMBER
Rugby: Seagulls se B-span het vir 'n groot verrassing op Saterdag 14 September gesorg toe hulle Oudtshoorn se All Blacks B-span op Mosselbaai met 31-27 gewen en daarmee hul plek in die eindstryd van die SWD Presidentsliga verdien het.
Johan Fourie
26 SEPTEMBER
Rugby: Seagulls se B-span het op Saterdag 21 September as die kampioene van die 2019 SWD Presidentsbeker uit die stryd getree, na hul oorwinning van 19-14 teen Eagle Stars van Sedgefield op Outeniquapark.
26 SEPTEMBER
Roei: Springbok Dylan Frick van Witsand het die sewende Whale of a Race staande roei-kompe-tisie wat oor 'n afstand van 10 km op Saterdag 21 September in dié kusdorp gehou is, in 'n tyd van 1:01:46 voltooi.
Keanon Tarentaal van Albertinia Rangers.
3 OKTOBER
Hengel: Mariëtte Westraadt van Stilbaai het tydens Eden-hengelvereniging se somerkompetisie wat op 28 September op Boggomsbaai gehou is, met 5,23 punte as beste hengelaar in die vroue-afdeling geëindig.
3 OKTOBER
Fietsry: Stilbaaier Johan Fourie was die algehele wenner van Baleia Wyne se vierde bergfietsren en veldwedloop wat op Saterdag 28 September by die kelder gehou is.
10 OKTOBER
Rugby: Die SWD o.12A-rugbyspan het met 'n telling van 21-0 'n geskiedkundige oorwinning oor WP in die interprovinsiale toernooi op 20 en 21 September by Hoër Landbouskool Oakdale behaal.
10 OKTOBER
Hoogspring: Blake Morgan (gr. 11) van Hoërskool Heidelberg het tydens 'n Toptien-atletiekbyeenkoms op Mosselbaai gedurende die Septembervakansie die rekord met 'n hoogte van 1,91m gebreek.
17 OKTOBER
Karate: Wiehan Kok van Stilbaai-karateklub het 'n silwer medalje op die Goyu Ryu internasionale kampioenskap wat van 18 tot 22 September in Maleisië gehou is, behaal.
24 OKTOBER
Krieket: Melkhoutfontein-krieketklub het die klub van Kwanonqaba met 10 paaltjies in hul wedstryd op 20 Oktober in Melkhoutfontein gewen.
31 OKTOBER
Gholf: Garnet Damans van die Riversdal-polisiespan het 'n individuele tweede plek in die nasionale polisiekampioenskap wat van 13 tot 19 Oktober op Potchefstroom gehou is, verower.
Corné Rahl
31 Oktober
Hengel: Elzaan Cronjé van Stilbaai-hengelklub was met 8,93 punte die beste vrouehengelaar tydens Eden-hengelvereniging se tweede kompetisie op Saterdag 19 Oktober op Klein-Brakrivier.
14 NOVEMBER
Domino: Western Flyers van Slangrivier is op Sondag 10 November as Hessequa Domino-vereniging se 2019 kampioene gekroon, na hulle Young Stars van Slangrivier met 52-50 gewen het.
21 NOVEMBER
Hengel: Floris Marais van Stilbaai het as top o-16-hengelaar uit die Eden-hengelassosiasie se derde kompetisie op 16 en 17 November op Klein-Brakrivier getree.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'