Video
RIVERSDAL GHOLFNUUS EN VIDEO - Molenrivier Primêre Skool het vir die vyfde agtereenvolgende jaar hul geborgde gholfdag op Saterdag, 28 November op Riversdal-gholfbaan aangebied.
Met 30 spelers wat aan die eerste Molenrivier-gholfdag deelgeneem het, het dié gewilde gholfdag tot 70 spelers gegroei.
Die skoolhoof, Cynrol Saayman het gesê die geleentheid het weens 'n tekort aan finansies by die skool ontstaan.
Die individuele stableford-gholfdag is deur R Weber met 44 punte agter sy naam gewen. E du Preez (43 punte) het tweede geëindig. G Damans, R Muller, F Muller en JD Julies het die derde tot sesde plekke met 40 punte ingeneem.
Die Sundowner weeklikse gholfdag is Vrydag, 27 November deur André la Cock gewen. Alwyn Riekert was tweede met Nel Mulder wat die derde plek losgeslaan het.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'