GHOLF NUUS - Die Suid-Kaap Sages-gholfspelers het verlede week, Dinsdag, 12 Julie, koning gekraai tydens 'n IPS-kompetisie wat op die Riversdal- gholfbaan gehou is.
'n Totaal van 44 spelers het meegeding in die kompetisie by die Riversdal-gholfbaan wat deur Jannie Goosen voorberei en in stand gehou word.
Dié gholfbaan, wat in 'n pragtige omgewing geleë is, is 'n gunsteling onder gholfspelers omdat dit genoegsame uitdagings bied en die gholfklub baie gasvry is teenoor spelers.
Die volledige uitslag is as volg:
- Martin Speelman (Mosselbaai) 43;
- Denzil Geldenhuys (Riversdal) 41;
- Elmarie Spathelf (Mosselbaai) 40;
- Eleonor Speelman (Mosselbaai) 37;
- Celia Hart (Stilbaai) 36;
- Gert Brink (Mosselbaai) 36;
- Gert Pieterse (Mosselbaai) 35 en
- Kwartus Sieberhagen (Mosselbaai) 35.
Susan Buys van Stilbaai het die naaste aan die pen op 4/11 gewen en Chris Barnard van Mosselbaai was baie naby aan 'n kolhou op agt. Chris het die enigste spogtwee aangeteken.
Die Speelman-egpaar het gespeel asof die Riversdal-gholfbaan hul tuisbaan is. Die vier vrouespelers wat deelgeneem het, het al vier pryse gewen.
Die Tweehoekbyeenkoms tussen die Sages van Suid-Kaap en Langeberg wat op 16 Augustus op Heidelbergsou plaasvind, is afgelas. Die bestuur van die Suid-Kaap het besluit om op dié spesifieke dag 'n plaaslike byeenkoms vir sy spelers te reël wat op Stilbaai gaan plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'