RIVERSDAL GHOLF-NUUS - Die Suid-Kaap Sages het op Dinsdag 24 Julie by die plaaslike gholfbaan saamgetrek.
Vier en vyftig spelers is by die gholfklub ontvang en dit is die derde keer in 'n ry dat daar meer as 50 spelers by 'n Sages-saamtrek is. Tot nou is daar 105 Sages-lede in totaal in die Suid-Kaap. Gerhard Brandon van Stilbaai is Saterdag as nuwe lid verwelkom.
Die formaat waaraan die spelers deelgeneem het is 'n gekombineerde beterbalkompetisie, waar die Stableford-punte van twee spelers wat saamspeel bymekaargetel word om die wenners te bepaal.
Puntestand
- Stoffel en Breggie Maritz (Mosselbaai) 78
- Niel van Heerden en Kosie Otto (Mosselbaai) 77
- Grové Koch (Riversdal) en Gary Ristow (Stilbaai) 71
- Ernest Roux en Fanie Wessels (Boggomsbaai) 71
- Noelle van Schalkwyk (Boggomsbaai) en Melinda Gravett (Stilbaai) 71
- Denzil Geldenhuys en Davey Roberts (Riversdal) 70
- Pat Cavender (Stilbaai) en Grové Koch (Riversdal) 69
Van links is Ernest Roux en Fanie Wessels, Gary Ristow en Grové Koch, Kosie Otto en Niel van Heerden, asook Breggie en Stoffel Maritz.
Marius Loubser (Boggomsbaai) en Reggie Moolman (Heidelberg) het naaste aan die pen gewen.
Spogtwees is deur Kosie Otto en Pieter Vaughan (Mosselbaai) behaal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'