RIVERSDAL GOLF NUUS - Nie eens wind en weer kan 'n gholfspelers van die baan weghou as 'n Sages-saamtrek plaasvind nie.
In 'n gekombineerde Stableford-kompetisie op Dinsdag 23 Julie was die beste spelers Cassie Swanepoel en Marius Loubser (Boggomsbaai) op 67, Charl du Randt en Grové Koch (Riversdal) op 65, Johan Swart en Wessel de Bruyn (Stilbaai) op 65, Colin Sharwood en Jannie Goosen (Riversdal) op 64 en Dave Gravett en Gary Ristow (Stilbaai) op 62.
Die 'naaste aan die penne', geborg deur JC Slagtery, is gewen deur Dirk Bosman van Stilbaai op 4/13 en Charl Marais van Stilbaai op 8.
Marais het ook 'n spogtwee behaal.
Volgens Marius Loubser van Boggoms-baai is Riversdal se groen gholfbaan 'n fees vir die oog en die bestuur, baanopsigter Jannie Goosen en die dames wat 'n heer-like ontbyt voorgesit het, word bedank.
Van links is Marius Loubser, Cassie Swanepoel, Grové Koch, Charl du Randt, Johan Swart en Wessel de Bruyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'