RIVERSDAL NUUS - Die eerste Sages-byeenkoms van die Suid-Kaap het op 16 Januarie op dié dorp plaasgevind.
40 Spelers het aan 'n beterbalkompetisie deelgeneem. Johan Muller van Boggomsbaai het vir die eerste keer as 'n Sages-lid en Charl Marais van Riversdal as 'n besoeker deelgeneem.
Die volgende pare het die meeste Stableford-punte opgestapel:
1. Wessel de Bruyn en Max Döckel (Stilbaai) 46
2. Chris Barnard en Dawid Gerber (Mosselbaai) 46
3. Grové Koch en Leon Fourie (Riversdal) 45
4. John-Charles Swart en Charl Marais (Riversdal) 45
Die naaste aan die pen is gewen deur Marais op 13 en Jan Storm van Heidelberg op 17. Dan het Davey Roberts van Riversdal 'n arend op putjie 16 gekry en spog twees is behaal deur JC Swart (borg) van Riversdal op nommer 8 en Roberts ook op 8.
Baie dankie aan die borge vir die dag, JC Slaghuis, Max Baise Drankwinkel en Wembley Drankwinkel.
Die volgende Sages-saamtrek is die Stigtersbeker wat op 5 Februarie op Mosselbaai plaasvind.
Van links is Dawid Gerber, Chris Barnard, Wessel de Bruyn, Max Döckel, Leon Fourie en Grové Koch.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'