SUID-KAAP GOLF-NUUS - 'n Saamtrek by Boggomsbaai het op Dinsdag 9 Oktober 47 spelers gelok.
Die formaat van die dag se spel was 'Four Ball Alliance', met twee tellings op al die syfer 4's, drie op die syfer 5's en al vier tellings op die syfer 3's.
Dit het die twee oudste deelnemers, George Sadowski (88) en Pieter Vaughan (86) glad nie gepla nie en hulle teken 119 punte saam met hul twee medespelers aan.
Uitslae
- George Sadowski en Pieter Vaughan ( Mosselbaai), Davy Roberts en Denzil Geldenhuys (Riversdal) 119;
- Willem du Plessis (Boggomsbaai), Wessel de Bruyn en Johan Swart (Stilbaai) plus 'n spookmaat 107;
- Grové Koch en Walter Diedericks (Riversdal), Cassie Swanepoel en
- Marius Loubser (Boggomsbaai) 106;
- Van le Roux en Fred Bull (Mosselbaai), Jannie Goosen en Colin Sharwood (Riversdal) 102;
- Paul de Villiers en Charl du Randt (Riversdal), Bill Hart en Barend van den Berg (Stilbaai) 99.
Naaste aan die pen, geborg deur Anton Swart se JC Slagtery van Riversdal, is deur Charl du Randt op 6/15 en Willem Huisamen (Heidelberg) op 9/18 gewen.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'