RIVERSDAL NUUS - Riversdal spog met een van die mooiste 9-putjie gholfbane in Suid-Afrika.
Die gholftydskrif, Golf Digest South Africa, het die baan aangewys as die 19de beste in die land.
Die tydskrif het 9-putjie bane in Suid-Afrika aan die hand van nege kriteria beoordeel. Die klub, een van die oudstes in die Suid-Kaap en wat in 1911 gestig is, kry vir die verskeidenheid in sy ontwerp 'n punt van 7,5 uit tien en ook 7,5 vir die uitdaging wat dit aan spelers stel.
Riversdal-gholfbaan se kenmerkende gat (signature hole) is die agtste syfer 3-putjie wat deur twee sandkuile beskerm word.
Besoekers kan ook nie uitgepraat raak oor die uitstekende toestand van die baan se 11 setperke nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’