RIVERSDAL GHOLF NUUS - Die eerste Sages-gholfbyeenkoms van die Suid-Kaap het weens die goeie reën in Januarie eers 'n week later as beplan plaasgevind.
Dinsdag 28 Januarie het 43 spelers het aan die Beterbalkompetisie deelgeneem.
Die geleentheid is ook gebruik om te bepaal waar die streek se krag binne Sages lê, met die kompetisie tussen wes en oos.
Die ooste het as oorwinnaars uit die stryd getree met 'n gemiddeld van 39,5 Stableford-punte teenoor die 38,6 van die weste.
Die volgende pare het die beste gevaar: 1. Eugene du Plessis en Kwartus Sieberhagen (Mosselbaai) 49; 2. Nelis en Marianne Loots (Mosselbaai) 44; 3. Pine Pienaar en Piet van Wyk (Stilbaai) 44; 4. André Bezuidenhout en Wessel de Bruyn (Stilbaai) 42; 5. Pat Tavener en Gary Ristow (Stilbaai) 42.
Die naaste aan die penne is deur Dawid Gerber op nommer 8 en Eugene du Plessis op 4/13 gewen. Stoffel Maritz het 'n spogtwee aangeteken en Kwartus Sieberhagen het 'n arend op nommer 11 behaal.
Marius Loubser van Sages-gholf bedank Riversdal-gholfklub vir die gebruik van hul baan en die borg vir die worspryse vir 'naaste aan die penne'.
Van links: Piet van Wyk, Pine Pienaar, Eugene du Plessis, Kwartus Sieberhagen, Marianne en Nelis Loots en Grové Koch (voorsitter).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'