TUINROETE | HESSEQUA GHOLFNUUS - Die heerlike somersweer en die strande wat toe is het beslis meer spelers gemotiveer om op Boggomsbaai te kom gholfspeel.
Die spelers het omtrent goeie spel opgedis in hierdie twee laaste borgdae van 2020.
Julyan Bruyns, 'n sakeman van Bethlehem en inwoner van Boggomsbaai, het op Woensdag, 16 Desember sy jaarlikse gholfdag aangebied.
Julyan se spontane geaardheid en aangename persoonlikheid lok altyd 'n klomp mense na sy borgdag en hierdie jaar was geen uitsondering nie.
In dié individuele stablefordkompetisie het Leon van Schalkwyk sake totaal oorheers. Nie net wen hy beide naaste aan die pen pryse nie, maar teken ook die beste punte aan.
Die volledige uitslag is soos volg:
1. Leon van Schalkwyk 41;
2. Andries van Schalkwyk 40;
3. Ernest Roux 40;
4. Chris Feiertag 39;
5. Pienie Pienaar 39;
6. Henk Pienaar 35;
7. Bennie Pienaar 33 en
8. Ettienne Schmidt 32.
Saterdag
Buffelsdrift Game Lodge het op 19 Desember het hul jaarlikse gholfdag aangebied. Andries van Schalkwyk, besturende direkteur van Buffelsdrift en oud-skoolhoof van die Laerskool Outeniekwa, bied nou al 23 jaar die unieke borgdag aan en sy entoesiasme vir sy wildreservaat en vir die
Boggomsbaai-gholfklub is vir die klub van onskatbare waarde.
In dié individuele stablefordkompetisie het Werner Terblanche, 'n besoeker van Oubaai, losvoor geëindig.
Die uitslae is soos volg:
1. Werner Terblanche 43;
2. Willie van Wyk 40;
3. Bennie Pienaar 39;
4. Johan Winterbach 39;
5. Pienie Pienaar 38;
6. Andries van Schalkwyk 37;
7. Wimpie Saayman 37;
8. Henk Pienaar 36.
Naaste aan die penne is deur Henk Pienaar op 6/15 en Jarno Loubser op 9/18 gewen. Die geelbalkompetisie is deur Willie en Willem van Wyk en Bart en Wimpie Saayman met 40 punte gewen.
In die nuwe jaar, op 2 Januarie skop die Boggomsbaai-gholfklub met 'n rillerkompetisie af. Die boodskap is dat jy nie toegelaat gaan word om met meer as drie stokke te speel nie. Op 9 Januarie is George Supa Quick se borgdag en op 16 Januarie is MBT Electronics vir die eerste keer 'n borg op Boggomsbaai.
Die Boggomsbaai-gholfklub wens al die lesers van die Mossel Bay Advertiser 'n baie geseënde Kersfees toe.
Wenners by die Buffelsdrift Game Lodge-dag is Andries van Schalkwyk, Werner Terblanche, Willie van Wyk, Pienie Pienaar, Bennie Pienaar en Johan "Flaps" Winterbach.
Wenners van Julyan Bruyns se borgdag is Andries van Schalkwyk, Leon van Schalkwyk, Ernest Roux, Julyan Bruyns en Chris Feiertag.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'