STILBAAI NUUS - Nie minder nie as 72 spelers het Saterdag 24 Februarie op die Stilbaai gholfbaan toegesak om in perfekte weer te speel.
Fynbos Apteek het die gholfdag gereël om fondse te in vir Jagersbosch Gemeenskapsorg Dienssentrum en Badisa Stilbaai.
Die wenners van die vierbal kompetisie was Gavin Bayman, Michael van Zyl, Marthinus Nel en Carl Cronjé. Hierdie span is geborg deur Putstop Vulstasie.
Elke speler het na die tyd 'n prys ontvang en niemand is met leë hande huistoe nie.
Johan Cronjé het 'n veiling gehou waartydens heelwat skilderye, geskenk deur Hessequa kunstenaars, opgeveil is. Alles ten bate van Jagersbosch en Badisa.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’