RIVERSDAL NUUS - Riversdal-gholfklub het op Dinsdag 'n pretdag met die tema "Mellow Yellow" vir sy lede aangebied.
'n Hele paar vierballe het mooi saamgespeel en hulself in geel getooi.
Onder: Riversdal se gholfzebras mooi getooi in hul streepsokkies. Louis se geel snor en skoene het darem die mens in die foto uitgebring. Ongetwyfeld die wenners as dit by modes kom. Van links: Koos Eksteen, Louis Vermaak, Frans Myburgh en Anton le Roux.
Foto: Megan Myburgh
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’